Raak Betrokke
God het elkeen van ons met unieke gawes en talente geseën. Wanneer ons dit saam in die kerk deel, bou ons nie net Sy Koninkryk nie – ons beleef ook vreugde en gemeenskap.Bedienings
Eredienste | Huwelikspreke | Nagmaal | Uncategorized
Om meer as net ‘n muis te wees.
Nou sien ek Hom…
Ek sien anders!
#johannes9 #preekreeks
#omnettesien
Om meer as net te sien…
Saam reis ons deur Johannes 9 en ontdek hoe Jesus ons oë oopmaak om Hom en sy werk raak te sien.
Om net ‘meer as ‘n Christen’ te wees
Teks; Lukas 9:23-27 & Matt 7:21-23
08:30
Deon Serfontein
Om net “te dik vir ‘n daalder” te wees
Tema: Om net “te dik vir ‘n daalder” te wees.
Teks: 2Kon 5:1-14
Deon Serfontein
Om net “te laat” te wees!
Tussen Eer en Seerkry?
Eer jou vader en jou moeder. Ds Fritz Kotze
“Luister, Glo, Groei!”
Dominee Boerbok gaan vir ons vertel van Jesus se gelykenis van die saaier en wat dit beteken om na God se Woord te luister, dit te glo en daarin te groei.
Om te gee
Jou bydra maak saak








Bank Besonderhede:
Bank : ABSA
Rekeningnommer : 0520 580 654
Takkode : 632005
Tipe Rekening : Tjek
Epos ons om uit te vind how jy kan bydra
WhatsApp ons kantoor.
Hoekom gee ons
Ons omgee omdat ons nie net ‘n gemeente is nie, maar ‘n geloofsfamilie. As kinders van die Here is ons geroepe om ’n verskil te maak in die wêreld rondom ons – nie net in groot dinge nie, maar ook in die klein daaglikse dinge wat mense se lewens raak. Omgee beteken dat ons ander sien, luister, en ondersteun soos Jesus ons liefgehad het. Dit beteken ons leef uit ons geloof uit en wys God se liefde deur ons dade, woorde en hart.
Vra meer oor hoe om by te dra
Ons nooi jou hartlik uit om deel te wees van wat God hier in ons gemeente doen. Jy kan bydra deur maandelikse offers – groot of klein – wat met liefde en geloof gegee word. Jou offer help nie net om die werksaamhede van ons gemeente te ondersteun nie, maar dit word ook gebruik om God se Koninkryk uit te brei en ’n verskil te maak in die lewens van ander. Elke bydrae word waardeer en gekoester, want saam kan ons meer doen as wat ons ooit alleen sou kon.
Nuus
Nuutste by ons gemeente








Raak betrokke
Kom neem deel aan enige Aktiwiteit
Eredienste
Sondae @ 8:30
Bybelskool
Woensdae 10:00
Kleingroepe
Weeksaande
Kinder & Volwasse kategese
Kinder Kategese Sondae @ 9:45
Gemeente pret
Verskeie aktiwiteite iets vir almal
Van Rolbal & Golf tot sing. Kom neem deel








