MEER OOR NG VAALPARK GEMEENTE
Ons is ’n gemeente wat werklik omgee vir ons lidmate én ons gemeenskap. As geloofsfamilie glo ons dat die jonger en ouer generasies saam kan groei, saam kan leer en mekaar kan verryk om God se boodskap op die beste manier te hoor en uit te leef. Ons glo dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is, en daarom lê ons groot klem daarop om ons kinders van kleins af met die Waarheid van die Skrif groot te maak en te begelei in hulle geloofspad. So leer en help ons mekaar om naby te leef aan die Groot “Ek is” van Eksodus 3 – die God wat is, wat was en wat altyd sal wees.ONS DOEL
OM DIE HERE MET ALLES TE DIEN EN SY NAAM TE VERKONDIG
Die doel van die kerk is om as die liggaam van Christus (hande en voete) die evangelie te verkondig, God te verheerlik, en gelowiges toe te rus. Dit behels die suiwere bediening van die Woord en sakramente, die versorging van die behoeftiges (weeskinders en weduwees), en die uitleef van 'n Christelike lewe in die wêreld.
HOE ONS HELP
Ons omgee omdat ons nie net ‘n gemeente is nie, maar ‘n geloofsfamilie. As kinders van die Here is ons geroepe om ’n verskil te maak in die wêreld rondom ons – nie net in groot dinge nie, maar ook in die klein daaglikse dinge wat mense se lewens raak. Omgee beteken dat ons ander sien, luister, en ondersteun soos Jesus ons liefgehad het. Dit beteken ons leef uit ons geloof uit en wys God se liefde deur ons dade, woorde en hart.
Neem deel aan enige van ons bedienings
Kerk & Kantoor Tye
Diens Sondae 8:30
Kantoortye:
Dinsdag & Woensdag : 8:30 tot 13:00
Vrydae : 8:30 tot 12:00
Bedienings & Aktiwiteite
Dominies
Nuus
Kategese
Kyk 'n diens
Ons Tema die jaar is:
Om
MEER AS
NET TE WEES
In Eksodus 3 sien ons ’n heilige oomblik tussen God en Moses. God roep Moses uit in die brandende bos en vra hom om sy skoene uit te trek – ’n teken dat hy op heilige grond is en dat hy in die teenwoordigheid van God moet wees. Hierdie oomblik herinner ons dat soms ons net moet stilbly en by God wees, sonder afleiding, sodat ons kan luister en ontvang wat Hy vir ons sê.
Na hierdie stilte ontvang Moses ’n opdrag: om terug te gaan na Egipte en sy volk te bevry. Dit wys vir ons dat wanneer ons tyd neem om by God te wees, ons nie net Hom beter leer ken nie, maar ook onsself ontdek en verstaan wat ons geroep is om te doen. Om net by God te wees is dus nie net rus nie, dit is voorbereiding vir die werk en roeping wat Hy vir ons het.
Wie is ons
Ons span & Leiers
By ons loop die wysheid van gister hand-aan-hand met die energie van môre. Met beide ’n ervare en ’n jong dominee aan die stuur, is ons ’n kerk waar tradisie nie stilstaan nie, maar asemhaal. Ons koester die ryk erfenis van ons geloof, maar ons is nie bang om die "nuwe lied" te sing nie. Hier is plek vir diep wortels én nuwe lote—’n tuiste waar elke generasie mekaar in Christus vind en saam vorentoe stap.

Ds Deon Serfontein
Leraar
My naam is Deon en ek verkies dat mense my so noem. Ek het in 1992 afgestudeer aan die Universiteit van Pretoria (UP) na voltooiing van ʼn BA (teol) en ʼn Bdiv (Teol) en word in Nov. 1992 in die NG Kerk as proponent gelegitimeer. My eerste gemeente waar ek as predikant bevestig word, is die NG gemeente Viljoensdrift. Hier bedien ek vanaf 1992 tot en met 2000. In 2000 word ek beroep na die NG gemeente Vaalpark waar ek steeds in diens is. Ek het na my gewone studies ook verder studeer en die grade M.Div.), MBA (NWU) en ook Ph.D. (Ou Testament) behaal.
Ek is getroud met Antjie Serfontein en saam is dit vir ons ʼn uitermatige groot voorreg om in hierdie gemeente in die bediening te wees.
My stokperdjies is golf, voëlkyk, stap en om in die natuur te wees.

Ds Friedrich Kotze
Leraar
My naam is Fritz en ek verkies dat mense my so noem. Ek het in 2015 afgestudeer aan die Universiteit van Pretoria (UP) na voltooiing van my teologiese studies, en is in November 2015 in die NG Kerk as proponent gelegitimeer.
My eerste gemeente waar ek as predikant bevestig is, was die NG gemeente Fraserburg in die Noord-Kaap, waar ek vir vier jaar bedien het. Daarna is ek beroep na die NG gemeente Vaalpark, waar ek nou al vir die afgelope ses jaar met groot dankbaarheid dien.
Ek is getroud met Melissa Kotzé en ons is geseën met twee dogtertjies, Lea en Elliana. Dit is vir my ’n groot voorreg om saam met my gesin deel te wees van hierdie geloofsfamilie.
Ek is lief vir ’n aktiewe leefstyl en geniet oefen, hardloop, fietsry, stap, gimnasium en CrossFit. Ek het ’n besondere hart vir kinderbediening en is ook baie lief vir pastorale werk. Verder het ek by die Universiteit Stellenbosch aanvullende kursusse in kontekstuele pastoraat voltooi.

Sylvia Meyer
Scriba
ngvaalpark@mweb.co.za
016 971 3305
083 953 1286

Erika Jacobs
Kassiere
ngkerkvaalp@mweb.co.za
016 971 3498
083 953 1286
Blanché Claassen
Koster
076 674 3011
Selena
Hulp
