#Imagine kids Kamp


#Imagine kids Kamp

Hierdie registrasie is slegs vir tieners.
1. Hierdie vorm is ook aanlyn beskikbaar by- aanlyn registrasie sluit 2026. Jy kan as deel van ‘n skool/kerkgroep inskryf. Jou leier sal jou aanlyn inskryf, jy moet net die voltooide vorms en betaling aan jou leier voorsien. As jy nie deel is van ’n bestaande groep nie of onseker is wie jou hub/area is, stuur net ’n e-pos aan info@imaginemovmement.co.za of WhatsApp op 083 297 6341
2. ’n Vrywaringsvorm is aangeheg aan die einde van hierdie vorm. Jy sal nie toegelaat word op die terrein indien jy nie die getekende vorm by jou het op die dag van registrasie nie.
3. Vir elke 10 tieners wat ingeskryf word, moet gemeentes/skole ook 'n leier inskryf. Indien jou groep kleiner as 10 is, moet daar steeds ’n leier inskryf. Indien die groep uit meisies en seuns bestaan, moet leiers van beide geslagte ingeskryf word, sodat daar 'n volwassene teenwoordig is by die tieners in die tentedorp.

Begintyd: Registrasie open Saterdag, 28 Maart 2026, om 08:00 en die program begin om 16:00. (Die eerste ete wat voorsien word deur #imagine, is aandete.)
Eindig: Program eindig Maandag, 30 Maart, om 12:00 – ons versoek dat geen busse voor 12:00 vertrek nie. (Die laaste ete wat voorsien word, is brunch.)
Koste: Die R 780-00 sluit etes in, maar sluit vervoerkoste uit. Neem asb. kennis dat #imagine nie verantwoordelikheid neem vir die organisering van vervoer nie.

WAT BRING JY SAAM?
􀀀 Getekende Vrywaringsvorm
􀀀 Tent (of deel met vriende) #imagine voorsien geen tente nie.
􀀀 Matras indien nodig
􀀀 Slaapsak
􀀀 Kussing
􀀀 Plastiekkoppie vir water/koeldrank
􀀀 Waterbottel
􀀀 Sonhoed en sonbrandmiddel
􀀀 Muskietweerder
􀀀 Reënbaadjie
􀀀 Flits
􀀀 Sakgeld
􀀀 Gemaklike klere en skoene
􀀀 Warm klere vir die aande
􀀀 Persoonlike medikasie – BAIE BELANGRIK
􀀀 Toiletware en benodighede
· Bring 1 rol toiletpapier
· Bio-afbreekbare produkte sal verkies word, maar nie verpligtend
· Bring jou eie benodighede (bv. tandeborsel, ens.)
􀀀 Swemklere (vir “fun time”)
􀀀 Handdoek
􀀀 Bybel
􀀀 Selfoonherlaaier

Spesiale diëte / kosallergieë moet self voorsiening maak, reël asb. vooraf met Jennifer by 083 785 2035.
Navrae: info@imaginemovement.co.za
central@imaginemovement.co.za

Tye

Begintyd: Registrasie open Saterdag, 28 Maart 2026, om
08:00 en die program begin om 16:00. (Die eerste ete wat
voorsien word deur #imagine, is aandete.)
Eindig: Program eindig Maandag, 30 Maart, om 12:00 – ons
versoek dat geen busse voor 12:00 vertrek nie. (Die laaste
ete wat voorsien word, is brunch.)

Kontak

Aktiwiteit Leiers:

Friedrich Kotze 061 535 6142

Ds Deon Serfontein

Ds Friedrich Kotzé

Ander

Aktiwiteite en Bedienings

Hospitaal besoek

Hospitaal besoek

Meld asseblief alle siek mense aan, asook die hospitaal waar die persoon is.

Kyk

Nuutste Eredienste

lees

Nuus en Stories

Padwedloop

Padwedloop

Kom hardloop saam vir die regte rede! 🏃‍♂️💨

Gemeentefees

Gemeentefees

Ons beplan ‘n gemeentefees op 15 Nov 2026 en is op soek na entosiastiese vrywilligers wat wil deel wees van die beplannings span.

Rolbal Dag

Rolbal Dag

Kom geniet ‘n lekker rolbal dag saam die kerk 🙂