Aktiwiteite en Bedienings

Junior Kategese : Sondag 09:45
Senior Kategese : Sondag 17:00
Geen kategese op langnaweke en in die vakansie nie
Volwasse Kategese
Persone wat graag lidmate van die gemeente wil word en nie aangeneem is nie, kan met een van die leraars skakel vir volwasse kategese.

Doopbediening vind die eerste Sondag van elke maand plaas.
Doopkategese vir die volgende maand, is in die konsistorie die laaste Sondag van die maand, na die oggenddiens, om 10:00. Doopouers se bewys van lidmaatskap moet minstens drie maande in die gemeente wees.
Voornemende doopouers moet die aangehegte vorm volledig voltooi en by die kerkkantoor indien.

Verskillende Bybelstudiegroepe kom deur die week bymekaar. Die standaardtyd is Donderdagaande om 19:00, maar daar is ook ander groepe wat bymekaar kom op tye wat persone beter pas.
Kontak Leraars vir meer inligting of om by een van die groepe in te skakel.

Ons gemeente ondersteun verskeie Sendelinge en Sendingaksies. Om meer uit te vind besoek die Kuriake sendingaksie op Maandagaande om 18:45 in die Getuienissaal.
Kontak Arno Claassens 083 633 3995 vir meer inligting

Ouers moedig asseblief julle kinders aan om hierdie aksie by te woon.
Woensdae in die getuienissaal:
- 13:15 Graad 00 tot 1
- 14:00 Graad 2 en 3
Daar sal geen kinderkrans wees in die vakansie en die eerste Woensdag van elke kwartaal nie, aangesien die Kinderkransleidsters dan vergader.
Kontak Magda Olsen by 084 512 5947 vir meer inligting.

Daar is verskeie lofprysing- en aanbiddingsanggroepe. Kontak die volgende persone indien u betrokke wil raak.
Onbeperk
Kontakpersone :
Antjie Serfontein (083 650 5078)
Madeleen Fourie (082 896 5643)
Koor
Kontakpersoon :
Marie Preston (079 497 5519)

Kerkraadsvergaderings vind plaas om 18:30 by die kerk op die volgende datums:
- 7 Maart 2023
- 2 Mei 2023
- 15 Augustus 2023
- 7 November 2023

Die diensgroepvergaderings is oop vir alle gemeentelede en hul insette sal waadeer word. Diensgroepe vergader op die volgende datums:
- 14 Februarie 2023
- 18 April 2023
- 1 Augustus 2023
- 24 Oktober 2023