Tuis
Welkom by die webtuiste van die Nederduits Gereformeerde Kerk Vaalpark.
Goeiedag gemeente
Die president het Maandag aangekondig dat kerke weer mag oopmaak met 'n maksimum van 50 mense. Die Kerkraad het toestemming gegee dat ons Sondag 14 Februarie weer met dienste by die Kerk kan begin. Daar mag egter net 50 mense wees wat beteken dat u sal moet bespreek by die kerkkantoor. Besprekings kan vanaf die 9 en 10 Februarie by die kerkkantoor gemaak word tussen 9:00 - 12:00 deur 0169713305 te skakel. Ons skop die jaar ook dan amptelike af met hierdie geleentheid. Daar sal kategeteopleiding plaasvind na die diens en die kategese sal dan die Sondag van die 21ste Februarie amptelike begin. Alle kleingroepe kan ook weer na die 14de weer begin.
Bly veilig en gesond.
Groete
Deon en Fritz
Sondag
Oggenddiens : 08:30
Junior Kategese : 09:45
Senior Kategese : 17:00
Eredienste op Sondae sal lewendig op Youtube (NG Vaalpark) uitgesaai word en direk na die diens op die Facebook blad geplaas word.
Kinderkrans
Kinderkrans begin weer Woensdag 24/2. GR00 en GR0 13:00, GR1, 2 & 3 14:00
Kerkraadsvergadering
Kerkraadsvergadering 2020-03-09 18:30
Hospitaalbesoeke
Meld asseblief alle siek mense aan, asook hospitaal waar persone is.
Kontakbesonderhede - Boodskappe
Lidmate word asb versoek om seker te maak dat hul kontak besonderhede by die kerkkantoor op datum en reg is. Daar is Dienswerkers in elke wyk wat boodskappe via ‘n broadcast groep uitstuur. Indien julle nie enige boodskappe ontvang het, tot op hede nie, kontak asb die Kerkkantoor.
Kinderkrans :
Kinderkrans sal weer hervat word na die inperking : Kinderkrans is vir alle kinders gr 0 en gr 1-3 (twee groepe)in die kwartaal. Ouers moedig asb julle kinders aan om hierdie aksie by te woon. Die tye is 13:00 vir gr 0 en 00 e dan 14:00 vir Gr 1-3. Besoek gerus ons Facebookblad om meer te sien....
Jeugsorgsentrum
Die kontakbesonderhede vir Corrie Muller by die Jeugsorgsentrum is (016) 976 5670 en epos adres is This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Senior Kategese
Enige persone wat Senior Kategese wil bywoon kan vir Frans Naudé kontak 071 353 0697
Doopkategese
Doop-ouers moet asb daarop let dat doopvorms eers by die kerkkantoor ingehandig moet word alvorens doopkategese bygewoon kan word. Doopvorms moet 2 weke voor beoogde doopdatum ingehandig word.
Gebedsbulletin en afkondigings
Elke week se gebedsbulletin en afkondigings is op die webblad beskikbaar.
Ondersteun asseblief ook die volgende:
- Emmerprojek: Emmers is by die hoofdeur of kerkkantoor beskikbaar. Emmers gaan aan Taaibos gekombineerde skool se kospakkieprojek vir behoeftige gesinne in Holly Country & Kragbron. Kontak Blanche Claassen 076 674 3011
- Enige lekkerny vir die jeugsorgsentrum kan by die Kerkkantoor afgegee word.
Vir meer inligting, kontakpersone en aktiwiteite, sien die week se afkondigings en die kalender elders op die webblad.