Wednesday, 29 March 2023

Tuis

Welkom by die webtuiste van die Nederduits Gereformeerde Kerk Vaalpark.   

Sondag

Oggenddiens :  08:30 
Junior Kategese :  09:45
Senior Kategese :  17:00
 

Eredienste op Sondae sal lewendig op Youtube (NG Vaalpark) uitgesaai word en direk na die diens op die Facebook blad geplaas word.  

Belangrike datums  

Kalender 2023

Pos beskikbaar : Koster.  Aansoeke sluit  24 Maart 2023

Die Kerkraad van NG Kerk Vaalpark, stel die pos van Koster beskikbaar vanaf 1 Mei 2023. Navrae kan gerig word aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of tydens kantoorure by (016) 971 3305 of 083 953 1286. Die aansoek moet vergesel word deur 'n CV en kort motivering vir aansoek.

Ervaring van soortgelyke pos sal in aansoeker se guns tel. Persone wat aansoek doen moet oor kode 8 bestuurslisensie beskik en moet bereid wees om na-ure vir begrafnisse & funksies beskikbaar te wees. Verdere pligte soos bepaal deur die pligtestaat van die Koster sal geld.

Sluitingsdatum vir aansoeke is 24 Maart 2023.

Die Kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

Rolbaldag 22 April 2023

Die NG Kerk Vaalpark bied ‘n sosiale Rolbaldag by Sasolburg Rolbalklub aan op Saterdag 22 April 2023.  Meer Inligting...

Koek en Tee na die Oggenddiens

Daar is weer koek, tert, koffie & tee na die oggenddiens in die getuienissaal. Ondersteun asseblief die jeug. 

Hospitaalbesoeke

Meld asseblief alle siek mense aan, asook hospitaal waar persone is.

Tuisversorging

Silwer valke se doelwit is om ‘n struktuur daar te stel vir afgetredenes se tuisversorging. Kontak persone is : Jakkie Grobbelaar 066 355 6816, Reinette – Helpers at Home 081 456 6606 & Minnette Tolmay – We care 066 393 2325. Die fooi wat die pasiënt moet betaal sal bepaal word deur die behoefte en ooreenkoms tussen pasient en diensverskaffer.

Kontakbesonderhede - Boodskappe

Lidmate word asb versoek om seker te maak dat hul kontak besonderhede by die kerkkantoor op datum en reg is. Daar is Dienswerkers in elke wyk wat boodskappe via ‘n broadcast groep uitstuur. Indien julle nie enige boodskappe ontvang het, tot op hede nie, kontak asb die Kerkkantoor. 

Kinderkrans :

Kinderkrans sal weer hervat word na die inperking : Kinderkrans is vir alle kinders gr 0 en gr 1-3 (twee groepe)in die kwartaal. Ouers moedig asb julle kinders aan om hierdie aksie by te woon. Die tye is 13:00 vir gr 0 en 00 e dan 14:00 vir Gr 1-3. Besoek gerus ons Facebookblad om meer te sien.... 

Jeugsorgsentrum

Die kontakbesonderhede vir Corrie Muller by die Jeugsorgsentrum is (016) 976 5670 en epos adres is This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Senior Kategese

Enige persone wat Senior Kategese wil bywoon kan vir  Alwyn Roux kontak by 083 324 5365.

Doopkategese

Doop-ouers moet asb daarop let dat doopvorms eers by die kerkkantoor ingehandig moet word alvorens doopkategese bygewoon kan word. Doopvorms moet 2 weke voor beoogde doopdatum ingehandig word. 

Gebedsbulletin en afkondigings

Elke week se gebedsbulletin en afkondigings is op die webblad beskikbaar.  

Ondersteun asseblief ook die volgende:

  1. Emmerprojek: Emmers is by die hoofdeur of kerkkantoor beskikbaar. Emmers gaan aan Taaibos gekombineerde skool se kospakkieprojek vir behoeftige gesinne in Holly Country & Kragbron. Kontak Blanche Claassen 076 674 3011
  2. Enige lekkerny vir die jeugsorgsentrum kan by die Kerkkantoor afgegee word.
     

Vir meer inligting, kontakpersone en aktiwiteite, sien die week se afkondigings en die kalender elders op die webblad. 

 

.Kontak Ons

Keiskammalaan 35
Vaalpark 

076 674 3011(Koster)
083 953 1286(Kerkkantoor)
086 235 8211(Fax)
016 971 3305(Administrasie)
016 971 3498(Finansies)
ngvaalpark@mweb.co.za

Kerkkantoortye
Dinsdag: 8:30-13:00
Woensdag: 8:30-13:00
Vrydae: 8:30-12:00

 

Volg ons

Geborg deur

.Weekliks

Kontak Ons

Keiskammalaan 35
Vaalpark 

GPS koordinate:
S26º 46’ 16.7”
E27 º 50’ 57.6”

076 674 3011(Koster)
086 235 8211(Fax)
083 953 1286(Kerkkantoor)

ngvaalpark@mweb.co.za